JY'S UNIEK, DIT IS WAT JOU BEELDSKOON MAAK!

In 'n wêreld wat net fokus op die oppervlakkige, wil ek graag die uitsondering wees as dit kom by wat verwag word van 'n grimeerkunstenaar & haarstilis. Ek wil jou natuurlike voorkoms en innerlike skoonheid laat skyn, deur te verbeter en verhelder wat reeds daar is, jou unieke voorkoms! Benodig jy my dienste vir 'n troue of 'n kommersiële projek?   Ek seker jy sal baat vind by my en my span se doeltreffende en profesionele grimeering & haar stileering!

 
Professional Makeup Artist and Hairstylist Stellenbosch make-up artist Bridal hairstylist

Dienste

 

Sophie Jean is 'n kombinasie van my Ma se naam, Sophia en my Ouma se noemnaam, Jeana (Ek is na haar vernoem, Jane Elizabeth)

"

Hello! My naam is Jane

Ek is so bly om jou te ontmoet!   Ek weet nooit wat om in hierdie tipe biografiese skryfstukke te sê nie, so verskoon maar as ek bietjie gorrel.   

Ek is mal daar oor om die wêreld om my mooi te maak. Dit het my egter ’n rukkie geneem om uit te vind dat ek ’n grimeer kunstenaar en haarstilis wou wees. Ek het oorspronklik binnehuise se ontwerp studeer en gewerk as ’n tekenaar, toe in Engeland gaan werk, en daarna terug gekom na Suid Afrika om mode ontwerp te studeer. Ek was ’n mode ontwerper en vryskut illustreeder vir vele jare voor ek besluit het om ’n sabatsverlof te neem van die ontwerp wêreld. Dit het nie meer my hart gelukkig gemaak nie, en ek wou graag tyd neem om uit te vind wat my volgende skuif in die lewe moet wees!

 

Ek het terug getrek na my tuis dorp, Stellenbosch en werk gevind as ’n koördineerder vir ’n bloemiste en verhurings maatskappy. En, sjoe, was dit nou ’n belewenis! Ek het besef ek is mal oor troues, naweke werk, reis na nuwe en opwindende plekke, maar meeste om met mense en my hande te werk! 

 

So, toe ek die kans kry om ’n grimeer en haar kurses te gaan doen, het ek dit met beide hande aangegryp.   En van daar het alles net in plek geval!   Ek laat mense mooi lyk en voel, ek kan kreatief en kunstig wees, elke dag.  En dit laat my altyd dink aan die volgende aanhaling, 

“For what it’s worth... it’s never too late, or in my case too early, to be whomever you want to be. There’s no time limit. Start whenever you want. You can change or stay the same. There are no rules to this thing. We can make the best or the worst of it.   I hope you live a life you’re proud of, and if you’re not, I hope you have the courage to start over again.”

Sedert 2017 werk ek as professionele grimeer kunstenaar en haar stylis, ek het my basiese opleiding by Alicia Buckle ontvang, maar Cecilia Fourie het my onder haar mentorskap vlerk geneem met verdere opleiding, ek werk ook as deel van Helga Bridal se span. Ek gebruik my kennis en ondervinding in kuns en ontwerp, vermeng dit met my liefde vir grimering en hare om aan my kliënte ’n besonderse diens te kan lewer. 

 

Ek werk by troues en geleenthede oor die hele Wes Kaap, van Yzerfontein tot Baardskeerdersbos, en het tot al in Namibië gereis vir fotosessies in Swakopmund en Windhoek.   My werk is ook al gepubliseer in Mooi Troues, South Bound Bride en Munaluchi Bride.

 

Wat my egter gelukkigste maak is al die lieflike mense wat ek onmoet het langs my pad, en ek hoop van harte dat joune, die volgende gesig is wat ek kan verf en bederf!

"

Wie's Ek?

 
PATTERN_BACKGROUND_1-01.png

"She is absolutely amazing at what she does! I would highly recommend!"

Aliana Kim

Volg my op Instagram

 
arrow&v

Kontak

  • INSTA_ICON
  • FACE_ICON
  • PIN_ICON
  • WHATSAPP_ICON
  • EMAIL_ICON
  • MAPS_ICON

© Sophie Jean Beauty 2021